Total Pageviews

Saturday, March 5, 2011




Oestyd (GA Watermeyer)

Twaalf jaar oud, toe gee my pa
Die sekel in my hand:
“Die somer sal jy krom staan, seun,
Jou sweet laat op die land”

Van skemerrooi tot skemeraand
Flikker die sekels op die land;
Pyntaai word my rug gelooi,
Ek gryp met ratser hand.

Agtuur kraak die gerwe
Onder my dowwe kop,
Maar deur my litte en my brein
Bly die sekels en die son galop….